Vrystaat krieketafrigters en keurders -Jordania personeel kry erkenning
Vrystaat krieketafrigters en keurders. (Foto verskaf)

Vrystaat krieketafrigters en keurders -Jordania personeel kry erkenning


Vrystaat krieketafrigters en keurders – Primêre Skool Jordania in Bethlehem is ongelooflik trots op drie van hule personeellede. Hulle is onlangs aangewys as Vrystaat krieketafrigters en keurders. Hierdie prestasie wys nie net hul passie vir die sport nie, maar ook hul toewyding om jong spelers te lei en te ontwikkel.

  • Mnr. Stefan Bester is aangewys as o.11A-afrigter én o.11-keurder. Sy ervaring en liefde vir die spel maak hom ’n waardevolle mentor vir die jong span.
  • Mnr. Francois Grové, Sportorganiseerder van Primêre Skool Jordania, is verkies as o.13-keurder, waar hy sy insig en kennis sal gebruik om talent raak te sien en te bevorder.
  • Mnr. Dian van Wyk is ook aangewys as o.11-keurder en dra by tot die bou van ’n sterk en gebalanseerde span.

Die hele Jordania-familie vier hierdie erkenning met groot trots. “Ons glo dat hul betrokkenheid en kundigheid ’n groot verskil gaan maak in die ontwikkeling van krieket in die Vrystaat.”

https://jordaniaprimer.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article