Weslander

Nóg ‘n skielike skuif in die munisipale raad van Saldanhabaai: onderburgemeester los DA vir PA

Gayton Mackenzie, PA-leier (voor) klink 'n glasie saam met Charmaine Laubscher (links) en Jacques van Rensburg.
Gayton Mackenzie, PA-leier (voor) klink ‘n glasie saam met Charmaine Laubscher (links) en Jacques van Rensburg.

VREDENBURG – Die skielike bedanking vroeër vandag (12 Februarie) van Charmaine Laubscher, die Saldanhabaai Munisipaliteit (SBM) se onderburgemeester en huidiglik waarnemende burgemeester, het die Weskus en sosiale media behoorlik aan die gons. Sy het by die Patriotic Alliance (PA) aangesluit.

Gayton Mackenzie, PA-leier, saam met Charmaine Laubscher, wat uit die DA bedank het.

Laubscher was die SBM se waarnemende burgemeester ná die onlangse uittrede van André Truter.

Jacques van Rensburg, een van die DA se politieke adviseurs wat onlangs as die PA se strategiese direkteur aangestel is, sê Laubscher se stap was onvermydelik. “As iemand nie in haar skoene was nie, sal hulle nie verstaan waarom sy dit gedoen het nie.”

Hy meen Laubscher, wat al vier en ’n half jaar as onderburgemeester diens doen, was genoop om dit te doen weens interne struwelinge in die DA in die Saldanhabaai-munisipale raad. “Die Weskus is ‘n strategiese punt om beheer oor te neem. Laubscher se besluit dui op ‘n goeie pad vir die PA vorentoe. Sy is ‘n sterk persoon wat goed is met mense.”

Volgens Van Rensburg is Laubscher deur die jare deur die DA afgeskeep.

Gayton Mackenzie saam met Jacques van Rensburg.

In ’n mediaverklaring vroeër vandag deur die Services to our People-party (STOPP), sê woordvoerder Peter Plaatjies die party neem kennis van Laubscher se skielike bedanking uit die DA. Hy sê dit bevestig dat die DA-administrasie in Saldanhabaai kort ná Truter se uittrede in ‘n toestand van ernstige politieke en administratiewe verval is.

Laubscher het aangedui dat sy eers volgende week ’n amptelike persverklaring oor haar besluit en toekomsplanne sal uitreik.

Weslander het die PA vir kommentaar genader. Volgens Sammy Claassen, ’n partyverteenwoordiger, beteken Laubscher se bedanking dat die DA in tegniese terme beheer oor die raad verloor het en dat die interne chaos ’n ernstige krisis in die munisipaliteit en die raad veroorsaak het. “Die PA is nou in staat om die raad met onmiddellike effek te verander,” sê Claassen.

SBM sit nou volgens Van Rensburg leierloos – sonder ’n burgemeester of onderburgemeester. Twee tussenverkiesings sal dus nou gehou moet word.
“Die PA is nou in staat om die Raad met onmiddelike effek te verander,” sê Claassen.Die nuus dat Charmaine Laubscher, onderburgemeester van die Saldanhabaai- munisipale raad, wie as burgemeester in André Truter se plek waargeneem het, oorgestap het na die PA.

Jacques van Rensburg, een van die DA se politieke adviseurs en wat onlangs aangestel is as die PA se strategiese direkteur, het gesê Laubscher se stap was onvermydelik.

“As iemand nie in haar skoene was nie, sal hulle nie verstaan waarom sy dit gedoen het nie.”

Hy meen Laubscher, wat al vier en ‘n half jaar as onderburgemeester diens doen, was genoop om dit te doen weens interne struwelinge in die DA in die Saldanhabaai- munisipale raad. “Die Weskus is ‘n strategiese punt om beheer oor te neem. Laubscher se besluit dui op ‘n goeie pad vorentoe. Sy is ‘n sterk persoon wat goed is met mense.”

Volgens Van Rensburg is Laubscher deur die jare deur die DA afgeskeep.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article