BLOEMFONTEIN – Kort ná die aankondiging dat Rumé Burger vir die volgende drie jaar deur Nike geborg word, het sy die naweek nóg ‘n Suid-Afrikaanse rekord verbeter.
Rumé, wat Saterdag haar 18de verjaardag gevier het, het Vrydag die tyd vir die 150m vir senior vroue op die Simbine Classic Shootout in Pretoria verbeter. Sy het die vorige rekord (17.41) verbeter tot ‘n skitterende 16.95.
Dié gr. 12-leerling van die Hoër Meisieskool Oranje, fokus vanjaar op die Wêreld o.20-kampioenskap in Eugene, Oregon wat in Augustus in Amerika plaasvind.
Lees die volledige berig oor Nike se borgskap van hierdie Bloemfonteinse atleet hier.


