Dit is nie wen ten alle koste vir Paul Roos Gimnasium nie, nie die seisoen of enige ander seisoen nie. Maar Corné Uys, direkteur van Rugby by Paul Roos besef dat hulle op die hoogste vlak moet kompeteer.
“As ons, tot ons volle potensiaal speel dan sal ek sê was ons suksesvol gewees. Ons kan enige iemand klop as ons alles op die dag mooi bymkeaar sit. Die kuns is om dit nou net konsekwent, week in en week uit te doen,” verduidelik hy.
Volgens hom is die groep afrigters by Paul Roos fantasties. Hulle het almal ‘n liefde vir die spel maar volgens Uys het hulle ook ‘n passie om seuns op en van die veld af te ontwikkel.
“Ek dink nie ons sou in ‘n skole sisteem betrokke gewees het as ons nie wou help om seuns se drome waar maak nie. Die ironie is, dit is soos sendingswerk, hoe meer jy gee, hoe meer kry jy terug,” verduidelik hy.
Paul Roos word onder die top vyf skole in die land gereken, hulle is ook die skool wat nog die meeste Springbokke opgelewer het. Met die tipe geskiedenis is daar hoë verwagtinge van hulle om elke jaar goeie resultate in te palm. Verlede jaar was dalk ‘n jaar wat ondersteuners sal sê het die span nie, die resultate gekry wat verwag is nie, met nederlae teen Oakdale, Grey College, Affies, Boishaai en Paarl Gim. Paul Roos het steeds 11 uit hulle 16 wedstryde gewen, hulle bepalings sluit ook top spanne in die Kaap en in Gauteng soos Garsfontein in.
“As die water styg, styg die bote ook. Almal werk hard om hulle rugby te verbeter. Dit druk ons ook om seker te maak ons ontgin die talent maar maak ook seker ons beskerm die seuns. Die skole in die Kaap is besonders goed. Dit gebeur nie sommer dat iemand alles wen nie, maar ons moet op die hoogste vlak kompeteer,” verdudielik hy.
Paul Roos het soos oudergewoonte ‘n moeilike lys bepalings vir 2026, wat die ander vier van die groot vyf insluit en Oakdale, Garsfontein en Grey High. Die groot wedstryd is natuurlik Paul Roos vs Grey College wat die laaste wedstryd van die seisoen is.
Vanjaar word dié wedstryd in Stellenbosch gespeel.
“Hierdie is kruin van die veldtog vir elke Paul Roos speler. Daar is so baie geskiedenis tuusen die twee skole en ons en hulle het die meeste en tweede meeste springbokke opgelwer. dit is net ‘n wonderlike ervaring, as ons daar gaan speel, dan ry ons 10 ure op ‘n bus, jy kom daar aan dit voel asof jy asof jy in ander wêreld is so anders is Bloemfontein vir ons. As hulle na ons toe kom, dan trek dit die hele Stellenbosch gemeenskap bymekaar. Die seuns bly mekaar se ouerhuise so hulle maak vriende lewenslange vriende,” sê Uys oor die wedstryd teen Grey College.
Volgens hom is opgewonde oor vanjaar se span, maar dat die ranglys nie belangrik is nie.
“Dit is altyd lekker om na te kyk, maar ek voel soms dit is bietjie ‘fool’s gold” as dit jou dryfveer is,” het Uys afgesluit.





