Cobus van Dyk is Waterkloof se nuwe direkteur van Rugby. Hy doen al sedert 2019 diens as die skool se sporthoof.
Cobus van Dyk is Waterkloof se nuwe direkteur van Rugby.

Die gesegde jy moet jouself van onder af op werk, word deur Waterkloof se nuwe direkteur van rugby verpersoonlik.

Cobus van Dyk (41), begin binnekort amptelik in sy nuwe hoedanigheid by dié spogskool in Pretoria. Van Dyk is al vertroud met die Klofie-gemeenskap waar hy sedert 2019 as sporthoof al diens doen.

Hy het ongeveer 20 jaar terug as ‘n o.16C spanbestuurder begin. Vandag is hy die afrigter wat die langste diens by die SA skolespan al doen. Hier word van Dyk as voorspeler-afrigter ingespan. Hy het self op o.13- en o.18-vlak Cravenweek gespeel waarna hy by onder andere Shimlas en die Pumas gespeel het.

“Baie ouens maak die fout om te dink dat as jy ‘n goeie speler was dat jy ‘n goeie afrigter kan wees. Afrigting is maar een van daai dinge wat jy moet leer deur te doen. Ek het al alles gedoen: agterlyn, voorspelers en spanbestuurder,” vertel hy.

Volgens hom is mense, veral jonger mense geneig om te haastig te wees.

“As jy te vinnig te groot gaan, en jy is nog nie reg nie, dan is jou val soveel verder. Ek het in 2013, vir ‘n pos by SA skole aansoek gedoen. Gelukkig het ek dit nie gekry nie, want ek was beslis nog nie reg nie. Die liewe Vader het my geseën met die mense wat Hy oor my pad gestuur het. Gert van der Westhuizen het my ‘n geleentheid as die o.16A Cravenweek se voorspeler-afrigter [gegee]. Nadat ek Waterkloof toe gekom het, het ek die geleentheid gekry om Tukkies se Young Guns en Varsitybeker spanne met die skrums te help. Dit is nie ek wat spesiaal of oulik is nie, dit is net genade,” verduidelik hy.

"As jy te vinnig te groot gaan, en jy is nog nie reg nie, dan is jou val soveel verder. Ek het in 2013, vir 'n pos by SA skole aansoek gedoen. Gelukkig het ek dit nie gekry nie, want ek was beslis nog nie reg nie. Die liewe Vader het my geseën met die mense wat Hy oor my pad gestuur het. Gert van der Westhuizen het my 'n geleentheid as die o.16A Cravenweek se voorspeler afrigter. Nadat ek Waterkloof toe gekom het, het ek die geleentheid gekry om by Tukkies se Young Guns en Varsity beker spanne met die die skrums te help. Dit is nie ek wat spesiaal of oulik is nie, dit is net genade," verduidelik hy.
Cobus van Dyk (41) is die afgelope sewe jaar die SA skole se voorspeler-afrigter.

Onder die leiding van dié nederige en doelgerigte man, het Klofies ‘n nuwe energie en dryf. Van Dyk mik hoog; hy wil die beste skole-struktuur in die land bedryf.

“Dit moet ‘n holistiese benadering wees, waar ons ‘n kind van o.14 af op geestelike, emosionele fisiese en akademiese vlak moet ontwikkel. Daar moet ‘n profiel van elke speler wees wat ons kan dophou en help waar dit nodig is,” verduidelik hy.

Van Dyk is gemotiveerd om Klofie-rugby beter te maak, maar besef dit gaan nie binne ‘n jaar gebeur nie. Met sy grootwordjare wat hy in Christiana spandeer het, het hy die regte mengsel van veggees en uithouvermoë om dinge by Waterkloof nog beter te maak.

“Daar is mense wat van die platteland af kom wat wonderlike dinge vermag. Ek dink dit is maar omdat ons op die platteland nooit goed te maklik kry nie. Ons moes altyd baklei vir wat ons wil hê. Hou die spasie dop. Skolerugby gaan oor die gemeenskap. Ek wil graag deel van ‘n proses wees waar ek die Klofie-gemeenskap kan inspireer en opgewonde maak om deel te word van Klofie-rugby,” sluit hy af.

Skole rugby gaan oor die gemeenskap. Ek wil graag deel van 'n proses wees waar ek die Klofie-gemeenskap kan inspireer en opgewonde maak om deel te word van Klofie rugby," sluit hy af.
Van Dyk het die geleentheid gekry om by Tuks se Young Guns en Varsitybeker spanne as skrumafrigter te werk.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article