Weslander

Polisie lê beslag op nagemaakte goedere van sowat R1 miljoen in Weskus

Van die nagemaakte goedere waarop beslag gelê is. Foto: SAPS
Van die nagemaakte goedere waarop beslag gelê is. Foto: SAPS

Nagenoeg R1 miljoen rand se nagemaakte goedere is vandeesweek in die Weskus-polisiedistrik gekonfiskeer in gesamentlike operasies deur die polisie se provinsiale operasionelebevelsentrum, die provinsiale polisiespan vir nagemaakte en onwettige goedere, die taakspan teen handelsmisdade en handelsmerkbeskermers.

Volgens konst. Ndakhe Gwala van provinsiale polisiekantoor, is klopjagte op altesaam 34 kommersiële persele in Vredenburg, Porterville, Piketberg, Citrusdal, Vredendal en Clanwilliam uitgevoer.
‘n Totaal van 3 759 nagemaakte goedere is tydens die operasie gekonfiskeer.

Die items wissel van kaartspeletjies, handelsmerkprodukte, tabakprodukte en bykomstighede.

Die polisiebestuur in die Wes-Kaap het die goeie werk geprys en benadruk dat die verkoop van onwettige goedere nie net ‘n bedreiging vir verbruikersgesondheid inhou nie, maar ook vir wettige besighede en die ekonomie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article