Pieter-Steph du Toit
Pieter-Steph du Toit, die trots van die Swartland. Foto: Getty Images. Foto: Getty Images

Die 2023 Rugby Wêreldbeker-kwarteindstryd se dramatiese uitslag het nie in Frankryk se guns teen die Springbokke getel nie. Die Hane se troosprys was die heerskappy van hul eie rugbykaptein, Antoine Dupont wat vir die afgelope vier jaar as Midi Olympique se Beste Speler in die Wêreld aangewys is.

Die 33-jarige Malmesbury-missiel het vandeesweek ‘n stokkie daarvoor gesteek deur Dupont te onttroon en die titel te vat. Pieter-Steph Du Toit, wat in 2019 en in 2024 as Wêreldrugby se Speler van die Jaar aangewys is, is die vierde Suid-Afrikaner wat die Midi Olympique se ‘Oscar Monde’ wen.
Die nuus is Dinsdag (4 November) deur die Franse publikasie bekend gemaak nadat lesers in die meerderheid vir Du Toit gestem het.

Pieter-Steph
Die Springbokke pak die naweek die Franse op hul tuisveld by die Stade de France, die eerste wedstryd teen mekaar sedert daardie naelbytstryd op 15 Oktober 2023. Foto: Juan Jose Gasparini/ Gallo Images Credit: Juan Jose Gasparini

Hy volg in die voetspore van Cheslin Kolbe wat in 2019 die wenner was, met Bakkies Botha en Victor Matfield wat die gesamentlike wenners in 2009 was. Ander voormalige wenners sluit in Dan Carter (twee keer), Thierry Dusautoir, Richie McCaw, Leigh Halfpenny, Juan Martín Fernández Lobbe, Ma’a Nonu, Maro Itoje en Conor Murray.

  • Die Springbokke pak die naweek die Franse op hul tuisveld by die Stade de France. Die afskop is 22:10 (SA-tyd).

LEES OOK: Who will be in Bok line-up against France?

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article