My F*k, Marelize! – “Soms is daar net nie genoeg spasie vir ‘n ma om mens ook te wees nie”

My F*k, Marelize! se konsep het sy oorsprong uit die skreeusnaakse video wat destyds soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei het. Ma Heidi neem haar agtienjarige dogter Marelize af waar sy leer om fiets te ry. Wanneer sy egter in die rugbypale inploeg som haar ma se stem die situasie goed op “My f*k, Marelize!”
 My F*k, Marelize! sal vanaf 29 Augustus landwyd in teaters te sien wees.

Met hierdie woorde som Heidi haar innerlike stryd op wanneer sy deur haar dogters gevra word hoekom sy haar kankerbehandeling vir hulle weggesteek het.

My F*k, Marelize! se konsep het sy oorsprong uit die skreeusnaakse video wat destyds soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei het. Ma Heidi neem haar agtienjarige dogter Marelize af waar sy leer om fiets te ry. Wanneer sy egter in die rugbypale inploeg som haar ma se stem die situasie goed op “My f*k, Marelize!”

Die film uit die pen van vervaardiger, regisseur en skrywer Brett Michael Innes, bekend vir films soos Sink (2015) en Fiela se Kind (2019) neem hierdie oomblik tussen ma en dogter en bied ‘n blik op ‘n doodgewone Afrikaner famille van Windhoek wat moet leer om die lewe as fiets aan te hou trap. Soms gaan dit moeilik ander kere val jy om, en dan is die geheim om weer op te staan en voort te beur met die hulp van die wat jou liefhet.

KYK:

Je-ani Swiegelaar vertolk die rol van die raakvat ma Heidie Horn wat haar kanker stryd van haar twee dogters Marelize (Zandélle Meyer) en ousus Wilmari (Nichola Viviers) weghou, omdat sy glo dit is háár las om te dra. Heidi se man, Tinus, gespeel deur Neels Clasen, is haar regterhand. Wanneer Marelize haar ma se geheim egter ontdek is die koeël deur die kerk en word Heidi gekonfronteer met ‘n stryd selfs groter as haar siekte, die besef dat sy hierdie pad nie alleen kan aandurf nie, maar meer belangriker dat sy ook nie hoef nie.

My F*k, Marelize! werk as ‘n eenvoudige storie met ‘n ingewikkelde kwessie. Die spel deur al die akteurs is meestal geslaagd, maar dis uiteindelik Je-ani Swiegelaar se vertolking van Heidi wat mens bybly. Daar is tonele waar die kamera intieme oomblikke vasvang wat nie met onnodige dialoog versuur word nie, maar daar is ook tonele wat effens geforseerd voel met ‘n teks wat soms voel of dit net probeer tyd wen.

My enigste kritiek op die film is dat daar miskien meer met die ruimte waar die film afspeel gedoen kon word. Dis nie aldag dat Namibië as lokaliteit gebruik word in ‘n plaaslike film nie, en hier was ‘n geleentheid om visueel meer te kon rondspeel.

Die bemarking en titel van die film mag dalk effens misleidend voorkom. Die aanvanklike video van Marelize wat van haar fiets val en haar ma se kommentaar daarop, skep die indruk van ‘n soort ‘slapstick’ komedie. Die kanker storielyn en hoe die Horn familie as eenheid saamstaan, spreek weer meer tot ‘n familie drama. 

Dus kan My F*k, Marelize! as ‘n ‘dramedy’ beskryf word, hartseer deur die lag.

As daar wel een rede is waarom jy My F*k, Marelize! moet sien, is dit vir Je-ani se vertolking van ‘n doodgewone ma wat haar dogters probeer beskerm en besef dat sy ook deur hulle beskerm word wanneer sy dit die nodigste het.

 My F*k, Marelize! het vandeesweek sy debuut by die Silwerskermfees in Kaapstad gemaak en sal vanaf 29 Augustus landwyd in teaters te sien wees.

Hierdie resensie is te danke aan bioskoop.org

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article