Honderde lede van die Foenbolling-familie het vandeesmaand op Hopefield vir ’n familiereünie soos min toegesak.

Die familie het Saterdag 7 Januarie by die Ronnie Louw-sportterrein ter nagedagtenis aan wyle Katriena (Ma Foen) Papier byeengekom.

Mamma Foen is in 1901 op die Waschklip-plaas buite Langebaan gebore. Later het haar gesin na Hopefield getrek en van daar het die afstammeling van Ma Foen na andere Weskus-dorpe sowel as Pretoria, Atlantis en Kaapstad versprei.

Deesdae is die tweede geslag van die familie 83 sterk, 236 familielede is deel van die derde geslag en 291 van die vierde. Die vyfde en jongste geslagte bestaan uit 27 familielede.

Afstammeling het Saterdag vir ’n groot kuier en vet pret byeengekom, met die familie wat vir allerhande speletjies in spanne verdeel is. Die Gratebolling, die oranje span, het uiteindelik die Foen-wisseltrofee gewen.

Benewens die pret is kerse ook aangesteek ter nagedagtenis aan gestorwe geliefdes.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article