Bestanddele

4 eierwitte

2 heel eiers

1/3 koppie canola-olie

1/3 koppie onversoete appelsous

1 koppie appelsap-konsentraat

¼ koppie water

3 koppies volkoringmeel

1 eetlepel bakpoeier

1 teelepel koeksoda

1 koppie rosyne

1 teelepel sout

2 eetlepels gemaalde kaneel

¼ teelepel gerasperde neutmuskaat

2 ½ koppies vars gerasperde wortels

Versiering:

1½ koppies roomkaas by kamertemperatuur

1½ teelepels botter

1 koppie splenda, fyn gemaal

2 teelepels vanielje-ekstrak

Metode

Verhit die oond vooraf tot 177 °C.

Klits die eierwitte totdat sagte punte gevorm en die volume verdubbel het.

Voeg die eiers een-een by en klits goed.

Voeg die appelsous, appelsap, olie en water by en meng goed.

Sif die droë bestanddele in ’n aparte bak saam.

Voeg dan by die eier-appelmengsel en meng goed.

Roer die gerasperde wortels by en dan die rosyne.

Smeer twee 22 cm-bakpanne en gooi die beslag eweredig in die panne.

Bak in die oond vir 25 – 30 minute en dan weer by 163 °C vir 10-12 minute.

Laat koeke goed afkoel voor jy versier en stapel.

Versiersel:

Klits die splenda, roomkaas en botter saam tot glad.

Meng die vanielje-ekstrak by.

Laat die mengsel vir ’n rukkie staan voor gebruik.

Smeer dan ’n laag versiersel op een koek, plaas tweede koek bo-op en bedek die hele koek met die versiersel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article