’n Groot behoefte aan rugbyskeidsregters bestaan in die Weskus, sê die rugbykenner Ben Theron.
Theron het 27 jaar as die WP-rugbyunie se skeidsregterbestuurder gedien en wil sy kennis en kundigheid met jongmense deel. Met sy aftrede mik Theron daarna om ’n skeidsregterprogram in die Weskus aan te bied.
Die Rugga Roots-skeidsregterprogram is oop vir seuns en meisies van 13 jaar en ouer.
Die program bestaan uit verskeie kursusse wat dié wat aan die program deelneem as bekwame skeidsregters op ’n jong ouderdom oplei.
Theron voeg by die program is oop vir almal in die Weskus.
Die Rugga Roots-skeidsregterprogram word by die Longacres Privaatskool aangebied. Die program vind op Maandag 11 Desember van 08:00 tot 16:00 by Longacres Privaatskool plaas. Kontak Theron by 083 269 3590 vir navrae.



