Daar is ’n groot behoefte aan rugby-skeidsregters in die Weskus, aldus Ben Theron.

Theron het 27 jaar as die WP-rugbyunie se skeidsregtersbestuurder gedien en wil sy kennis en kundigheid met jongmense deel. Met sy aftrede mik Theron daarna om ’n skeidsregters­program in die Weskus aan te bied.

Die Rugga Roots- skeidsregters­program is oop vir seuns en meisies van 13 jaar en ouer.

Die program bestaan uit verskeie kursusse wat dié wat aan die program deelneem as bekwame skeidsregters op ’n jong ouderdom oplei.

Theron voeg by dat die program oop is vir almal in die Weskus.

Die Rugga Roots-skeidsregterprogram word aangebied by Longacres Privaatskool.

. Indien jy sou belangstel en meer wil weet oor pryse, kontak Theron gerus by 083 269 3590.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article