Die Weskus-jukskei-distrik het die afgelope Saterdag (24 Januarie) ‘n sterk vertoning tydens die Interdistriks-toernooi in Moorreesburg gelewer.
Die jukskeibaan by die Gene Louw-sportterrein het gewemel van die 31 spanne se volkleur-spandrag.
Spanne uit die Weskus, die Overberg, die Wes-Kaap (WP), die Kaapse Wynlande (KWL) en Eden het deelgeneem.
Algeheel het Weskus met 164,5 punte oorheers, gevolg deur WP (148), Eden (139), KWL (124) en Overberg (73).
Die Weskus het die A-afdeling met 36,5 punte gewen. In die B-afdeling het hulle gesamentlik eerste saam met Eden geëindig met 43,5 punte elk.
Overberg het die eindronde in die C-afdeling gewen, terwyl Weskus tweede en derde was.
In die D-afdeling het die Weskus eerste en tweede plek behaal.
Die organiseerders het alle spanne en ondersteuners vir hul teenwoordigheid en tyd bedank.
• Die dag se aksie en hoogtepunte is op video vasgelê en kan op die YouTube-kanaal “WesKaap Jukskei” gesien word.
Gee asseblief net erkenning vir Weslander as jy van die foto’s rondstuur, net uit respek vir die tyd wat ons ingesit het om die geleentheid by te woon.






















You must be logged in to post a comment.