Met ’n nuwe lokaal, maar met dieselfde atmosfeer vind die gewilde Snoek-en-patatfees weer hierdie jaar plaas.
Dié fees word Vrydag 24 en Saterdag 25 Junie op Mont Piquet-plaas gehou. Besoekers kan uitsien na heerlike snoek, patat, stalletjies en nog vele meer.
Musiek in lewende lywe sal aangebied word deur Bubblegum en Boeta Jules, Bliksemstraal, Dj Saxie, Afrikaans Ruk en meer.
Vrydag 24 Junie is die toegang gratis.
Saterdag 25 Junie kos toegangskaartjies R50 vir volwassenes en R20 vir kinders onder 12, kinders onder vier kry gratis toegang.
Besoekers kan albei aande tussen 18:00 en 02:00 hul voete laat roer by die disko in die groot tent – kaartjies vir die disko kos R30 per aand (geen onder 18’s).
Vir meer inligting en om kaartjies te bespreek, skakel 073 957 3549 of stuur e-pos na hello@goedverwacht.org.za.




