Jou gunsteling- plaaslike koerant sal met die intrede van die nuwe jaar ’n paar sent duurder wees.

In ag genome die hoër lewenskoste en moeilike ekonomiese tye waaronder almal gebuk gaan, laat die stygende drukkersrekening en bedryfskoste, wat ook voortdurend styg, ons geen keuse nie as om die koerant se omslagprys minimaal aan te pas, verduidelik Justin Cupido, Weskus Media se uitgewer.

Die prysverhoging van 30c is met die eerste uitgawe op Donderdag 11 Januarie 2024 van krag.

Die nuwe omslagprys sal dus R9,50 wees.

Die Weslander-span bly steeds verbind tot sy leuse, “Hou die Weskus ingelig”, en sal in die nuwe jaar daarop voortbou om sy lesers met akkurate beriggewing oor die jongste nuus in die Weskus te bedien.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article