Die Weskus se bobaas-potspelspelers het weer by die Suid-Afrikaanse kampioenskap bewys hulle is van die bestes in die land.
Die plaaslike senior span was die algehele wenner in die A-afdeling. Spelers van oor die land heen het tussen 16 en 23 September meegeding. Die Weskusser Adriaan Engelbrecht was die enkelspelwenner vir die hele toernooi. Danksy hul puik prestasie is die swartbalspelers Engelbrecht en Jacques Cronje, asook Chris Viljoen (bestuurder) nou amptelik vir die nasionale potspelspan gekies.
Karel Thiart (skeidsregter), Adriaan Engelbrecht, Jacques Cronje, Gerrit Botha, Chris Viljoen (bestuurder), Chris Snyman, Ivan Wurz, William Huisamen (junior verteenwoordiger), en Johan Janse van Rensburg (skeidsregter) was onder diegene wat die Weskus verteenwoordig het.





