Vyf atlete van Weskus Skool het aan die einde van Maart aan die SA skole- atletiekbyeenkoms in Germiston deelgeneem. Drie leerders het sewe medaljes huis toe gebring nadat hulle die volgende uitslae behaal het:
Eldrio September: Goud in die 100 m, 200 m en verspring; silwer in die aflos.
September is ook aangewys as die beste baanatleet by die SA LSEN-atletiekbyeenkoms (learners with special educational needs).
Bradwill van Wyk: Goud in die o.19-verspring en brons in hoogspring.
Leadra Pedro: Silwer in diskus (o.19). Weskus Skool is baie trots op die atlete se puik prestasies.




