Groot onsekerheid heers sedert die aankondiging van ’n ramptoestand oor die land se kragkrisis. Terwyl tydgleuwe van vieruur lange beurtkrag intussen die norm geword het, sukkel talle steeds om die werklike omvang van ’n ramptoestand te verstaan en watter moontlikheid dit vir ’n algehele instorting van die land se elektrisiteitsinfrastruktuur inhou. In kort bied dit nie eintlik enige langtermyn-oplossings nie, en stel dit bloot die staat in ’n posisie om regulasies te omseil en ekstra geld te bewillig in ’n poging om die kragkrisis te reguleer.

Ná skokonthullings tydens ’n televisieonderhoud deur Eskom se voormalige hoof, André de Ruyter, oor grootskaalse korrupsie, is die vraag dus: gaan ’n ramptoestand die nodige uitwerking hê om die voortslepende kragkrisis die hoof te bied, of is dit bloot ’n rookskerm vir verdere wanbesteding? Talle meen juis ’n intervensie wat direk op Eskom gemik is, sou beter wees as om bloot ’n ramptoestand te verklaar.

Intussen het beide plaaslike munisipaliteite aan die Weskus sowel as die gesondheidsdepartement te kenne gegee dat hulle ’n noodplan het, sou die kragkrisis verder verswak, terwyl talle Weskussers reeds alternatiewe kragbronne ondersoek met ’n aansienlike toename in sonpaneel-installasies by huise die afgelope paar maande.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article