Ada de Wit met haar geskiedkundige vangs – ’n 32,63 kg-kabeljou.


Visvang is in die De Wits se bloed en ’n onlangse Namibiese avontuur het so reg in hul kraal gepas.

Weskussers Pierre en Ada de Wit van De Wit Eiendomme in St. Helenabaai het tussen 19 en 25 November saam met die bekende Wild Skeleton Coast Adventure Tours in die Skedelkus Nasionale Park gaan hengel.

Saam met die groep was toergidse Leon Krauze, Johan en Joyce Burger en hulle het saam 645 km vanaf Hentiesbaai afgelê. Met vele nat lyne en baie visse gevang (vang en vrylaat), op die heel laaste dag, land Pierre ’n bul van ’n kabeljou van 17,5 kg, blink en vet. Die grootste vangs van die toer het egter later gekom toe almal vir oulaas ’n gooi maak 500 m suid van die Kunene-mond, die rivier wat Namibië en Angola skei.

Hier is ’n tamaaie 32,63 kg-kabeljou gevang. Dit was die grootste ooit gevang deur ’n vrou wat hierdie belewenis meegemaak het, en die grootste in hierdie groep avonturiers – die droom van elke ernstige hengelaar.

Ada se naam pryk nou trots bo-aan ’n lys hengelaars wat met ywer daardie “heel grote” najaag.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article