Len Muller se nuwe enkelsnit, “Weskus Wyn”, word Vrydag (14?Julie) vrygestel.


Die geliefde sanger en liedjieskrywer Len Muller stel Vrydag (14 Julie) sy nuwe enkelsnit “Weskus Wyn” vry.

Dit sal op alle digitale platforms beskikbaar wees. Weslander is opgewonde om dié nuwe enkelsnitomslag eksklusief met sy lesers te deel.“Weskus Wyn”, wat hy langs die kampvuur op ’n strand in die Weskus geskryf het, gaan oor kosbare tye saam met geliefdes wat waardeer moet word en nooit as vanselfsprekend aanvaar moet word nie. 

“Tydens die opname van my vorige musiekvideo het ons baie tyd in die Weskus deurgebring, en elke keer as ek daar kom, voel dit soos ’n ander wêreld en asof tyd daar so ’n bietjie stilstaan,” vertel hy.

“Ek het die liedjie langs die kampvuur op ’n strand geskryf en dink samesyn met vriende in hierdie pragtige omgewing het die titel geïnspireer.” Volgens Len is die liedjie vrolik en opgewek en pronk dit met ’n akoestiese folk-pop-aanslag. “Vir my gaan dit maar altyd oor hoe ek voel wanneer ek musiek luister. Hierdie snit laat my gelukkig voel en ek hoop dit het dieselfde uitwerking op die luisteraar.”

 “Weskus Wyn” is Vrydag op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar.

Kry dit hier: https://ditto.fm/weskuswyn

 ’n Besonderse musiekvideo van dié lied, wat Len beskryf as ’n kunswerk wat die mooi van die kus vasvang, word ook Vrydag vrygestel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article