Die Weskus se eerste Weskus- Street Mile-wedloop word Saterdag gehou.
Die wedloop, wat deur die Langebaan-atletiekklub gereël is, begin oormôre in Breëstraat, Langebaan, met die eindwedloop wat Saterdag 8 Julie tot ’n einde kom.
Atlete van nege tot 70 jaar en ouer sal aan die wedloop kan deelneem.
Die deelnemers hardloop in ouderdomsgroepe en sal die roete deur die dorp volg om hul 1,6 km, oftewel 1 myl, te voltooi.
Prysgeld ter waarde van R56 000 is op die spel. Die skool met die meeste inskrywings sal ’n trofee sowel as ’n geldprys wen.
Benewens die geleentheid, wat ’n sport-trekpleister kan word, meen die Langebaan-atletiekklub die Weskus- Street Mile kan eersdaags toerisme na die streek help aanwakker.
Die hoop is om die Weskus- Street Mile na ander dorpe in die gebied uit te brei. Vir meer inligting oor die Street Mile, asook hoe en waar om in te skryf, besoek die webblad www.langebaanathleticclub.co.za, die Facebookblad of skakel Christopher Rodgers by 073 232 0046.
Die tydrooster vir die naweek se wedloop is:
09:15 – Meisies en seuns 9 jaar (gebore 2014)
09:30 – Meisies en seuns 10 jaar (2013)
09:45 – Meisies en seuns 11 jaar (2012)
10:00 – Meisies en seuns 12 jaar (2011)
10:15 – Meisies en seuns 13 jaar (2010)
10:30 – Meisies en seuns 14 jaar (2009)
10:45 – Meisies en seuns 15 jaar (2008)
11:00 – Meisies en seuns 16 jaar (2007)
11:15 – Meisies en seuns 17 jaar (2006)
11:30 – Meisies en seuns 18 jaar (2005)
11:45 – o.20-vroue en mans (2003/4)
12:00 – Senior vroue en mans
12:15 – Meesters – vroue en mans 40+ jaar
12:30 – Meesters – vroue en mans 50+ jaar
12:45 – Meesters – vroue en mans 60+ jaar
13:00 – Meesters – vroue en mans 70+ jaar.


