Die Weskus se sportlui het ’n bedrywig jaar agter die rug. Van gimnaste en potspelers tot meestersatlete het vanjaar in hul onderskeie kodes uitgeblink. Hier is ’n paar van 2023 se sporthoogtepunte:
Januarie
. Die Weskus het sy eerste internasionaal geakkrediteerde tafeltennis-skeidsregter gekry. Danritch Booysen (30) het die aanlyn skeidregterseksamen van die Internasionale Tafeltennisfederasie (ITTF) voltooi en met ’n slaagsyfer van 78% die Weskus se eerste internasionale tafeltennis-skeidsregter geword.
Februarie
. Die Weskus se jukskeispelers het na Beaufort-Wes gereis om aan die gesogte M.P. Prinsloo-toernooi deel te neem. Hier het die Weskus-jukskeidistrik teen sewe provinsies en distrikte deelgeneem en in die vierde plek geëindig – ’n verbetering ná verlede jaar se sesde plek.
Die Weskus-jukskeidistrik het die goue medalje in die B-afdeling en die silwermedalje in die C-afdeling verower.
. The Vredenburg Tennis Club competed in the South Boland League in both the men’s and women’s singles divisions. The men’s 1st team, captained by Brian Barnard, showed their mettle with an undefeated record in all their matches up until that point.
After initial losses by the women’s 1st team, the women’s 2nd team and men’s 2nd team both showed their fighting spirit with convincing performances.
Maart
. Die Velddrif-krieketklub bied ’n krieket-kliniek vir meisies en vroue van die Bergrivier aan om hul belangstelling in dié sport aan te wakker. Melvin de Bruyn en die span van dié klub het die skoner geslag alles gewys – van kolf tot veldwerk – met die hulp van die Boland-veteraan James Albanie.
. Die Boland-rugbyunie verkies en stel sy nuwe bestuur vir die termyn 2023 tot 2027 bekend.
. Drie dae vol veerpyltjies is in Saldanha by die White City- veeldoelige sentrum gehou toe die Saldanha-klub-klassiek aangebied is. Die Outlaws van Velddrif, wat MIB geklop het, was die manswenners.
. The annual Weskus Marathon in Langebaan drew 4 000 participants. This year the marathon celebrated its coming of age with participants entering the 42,2 km, 21,1 km, 10 km and 5 km races. Lloyd Bosman from the Nedbank Running Club SWD won the marathon race in a record time of 2:21:28.
. West Coast Chess took part in the Western Cape Inter-regional Chess Championship on the Garden Route. The club’s players played themselves into the history books of chess by stellar performances of players in the Blitz event as well as the junior girls and boys who proved their mettle in the classical format.
April
. Die Safcor-rugbyklub maak geskiedenis deur die eerste keer die Transnet Saldanha- Super 8-Paastoernooi teen Roses te wen.
. Die rugbyklubseisoen is op dreef. St. Helenabaai in Velddrif het in April gewys ’n wedstryd kan ná 80 minute gewen word toe dié span die tuisspan met 25-31 geklop het.
. The SA 8-ball pool championships for ladies and masters were held at White City Multipurpose Centre over two weeks. West Coast Pool competed in all categories, with 18 provincial regions participating.
Mei
. Die eerste amptelike Weskus Street Mile-wedloop het Saterdag 27 Mei plaasgevind. Deelnemers van nege tot 70 jaar en ouer kon aan die straatwedloop deelneem.
Junie
. The Golden Games for senior citizens took place in the Bergrivier area. Golden oldies from 10 different service centres competed for top honours at the Rhino Park Sports Field in Piketberg.
Julie
. Die Weskus Twizza-netbalkompetisie het heelwat opwinding opgelewer. Abbotsdale-netbalklublede het vir die eerste keer deelgeneem en ook koning gekraai. Die Malmesbury-netbalklub het in die tweede posisie geëindig met Malmesbury se Angels wat die brons geneem het.
. After slipping in as a last-minute entry Hank McGregor won his 13th Berg River Canoe Marathon title. This year was the 16th time the 45-year-old took on the gruelling 240 km race from Paarl to Velddrif. In the women’s race Christy Shrimpton (21) led the pack from Paarl to the West Coast. Three-time winner Bianca Beavitt took second place and Ansune Basson came in third.
Augustus
. Jong fietsryers van die Weskus het na die Tuinroete gereis om aan die jaarlikse Jeugfietsryfees deel te neem. Die Oudtshoorn-jeugfietsryfees bestaan uit ’n reeks geleenthede en aktiwiteite vir jong fietsryers met ’n kriterium-, pad-, spantydtoets-, bergfiets- en ovaalbaan-wedren.
Weskus-fietsry se o.17-span het in die tydtoets-wedren met ’n tyd van 29:57:36 in die vyfde plek geëindig.
. Ses lede van Vredenburg-skopboks het amptelik hul SA kleure ontvang. Twee afrigters en vier skopboksers het Suid-Afrika verlede jaar by die Junior Wêreld-skopbokskampioenskap in Italië verteenwoordig.
September
. The WP and West Coast Cycling Associations collaborated to host a cycling event on the Velddrif to Velddrif race via the roads of Velddrif, Piketberg and Elands Bay.
. Amber Coraizin (24) from Vredenburg, represented South Africa as part of the National Fast Five netball team in Christchurch, New Zealand. She said the sport had granted her so many opportunities, especially getting out of her home town and comfort zone.
Oktober
. Die Vredenburg / Saldanha-krieketklub begin sy seisoen op ’n wennoot in die Boland-eendagkrieket-Premierliga. Die Krewe het Wellington in dié se agterplaas met nege paaltjies geklop. Wellington, wat eerste gekolf het, is vir ’n skamele 90 lopies uitgeknikker.
. Die Boland-rugbyunie (BRU) en sy borge het die Sanlam-Boland-Top-12-klubtoernooi bekendgestel. Spanne maak gereed om kragte te meet en Mamre en die verdedigende kampioen, Saldanhabaai, is die spanne wat die Weskus in die toernooi verteenwoordig.
. Die Wes-Kaap se top-sportpresteerders is vereer vir hul harde werk en die Weskus-netbalfederasie is vir die tweede agtereenvolgende jaar as die top- federasie in die provinsie vereer.
November
. Vredenburg/Saldanha se krieketspan speel die Bolandvelde aan die brand – die Krewe is steeds onoorwonne ná ses wedstryde in die Community Cup T20-wedstryde
. Daar is slegte (of goeie) nuus vir die Weskus se rugbyondersteuners – Boland gaan gewis ’n nuwe kampioen kry. Saldanha, verlede jaar se kampioen, het die onderspit gedelf nadat hy ’n moet-wen-wedstryd teen Hawston 39-41 verloor het.
Safcol United was die Top-12-kampioen.
. Die Weskus se meestersatlete is terug nadat hulle aan die Afrika-veld-en-baan-kampioenskap deelgeneem het. Die goue oues van die Salkoriane-atletiekklub het saam met Douglas Hector van die Langebaan-Strandlopers-atletiekklub talle medaljes verower.
Desember
. Spanne van oor die Weskus heen en ook van die Kaap en die Paarl het vir die eerste Alex Alarms Paternoster Beach Fest ingeskryf.
Spelers het onder meer in strand-raakrugby, strandsokker en strandnetbal meegeding.
. Die SA Krieket-T20-Gemeenskapsbekertitel was so naby, maar tog so ver, vir die span van Vredenburg/Saldanha.
Die Weskus se Krewe is nou die tweede beste krieketklub in die land nadat reën die eindstryd in die wiele gery en die Weskus-span van ’n moontlike titel ontneem het.
Die Krewe se eendagkompetisie hervat weer op 13 Januarie met drie tuiswedstryde kort ná mekaar.





