Fluffy en Hopsy Copsy saam met personeel van die Astron Energy-vulstasie op die N7-hoofweg.


Amptenare van die Weskus-distriksmunisipaliteit se rampbestuursentrum en Fluffy die veiligheidshond het verlede maand hul familiedag saam met Astron Energy gevier.

Die familiedag is Vrydag (28 Januarie) by die nuwe vulstasie op die N7-hoofweg tussen Moorreesburg en Malmesbury gehou.

Die Weskus-rampbestuursentrum se span doen gereeld bewusmaking-intervensies reg oor die distrik om veiliger omgewings vir gemeenskappe te skep.

Soos altyd was die veiligheid-gelukbringers (“safety mascots”) Fluffy en Hopsy Copsy teenwoordig en het hulle veiligheidswenke met besoekers gedeel.

Asbakkies is aan motoriste uitgedeel met die doel om bewusmaking oor veldbrande te skep en ’n skoon en rommelvrye omgewing te bevorder.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article