A-iiga-wenners Gert Hibbert, Wian Nagel, Hein van Staden en Inelda Heyns.


Die balle het onlangs behoorlik die praatwerk gedoen toe die laaste ronde van die Weskus-potspelseisoen vir 2022 beslis is.

Vier spanne het in die eindstryd meegeding om as kampioene in die A-en B-afdeling weg te stap.

In die A-afdeling het die Undertakers van St. Helenabaai-hotel teen die 2021-ligawenners, die Hoppers van Rooikrans, gespeel.

Dié twee spanne was reg deur die wedstryd kop aan kop. ’n Uitspeelronde moes gespeel word waar die Undertakers as die nuwe kampioene van 2022 weggestap het.

In die B-afdeling was dit Dare Devils van Kings teen Si Casa C.

Die Dare Devils was onoorwonne reg deur die seisoen en het dit in die eindstryd volgehou om die oorwinning aan te teken.

Weskus Pool wens al die spanne geluk met hul prestasies en bedank elke speler vir sy toewyding in die 2022-seisoen.

Die potspelklub wens ook die spelers ’n suksesvolle 2023 toe.. Belangstellendes wat by Weskus Pool wil aansluit, kan Gert Hibbert by 083 287 6833 of Inelda Heyns by 066 034 5751 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article