Drien Booth, Johan Janse van Rensburg en Vigeniëa Payne. Labeeb Arende was afwesig.Foto:


Die Weskus se potspelers lewer nie net puik prestasies nie, maar Weskus-potspel het vanjaar vier gegradueerde skeidsregters.

Drien Booth, Johan Janse van Rensburg, Vigeniëa Payne en Labeeb Arende het amptelik hul nasionale kleure ontvang. Die klub wens hulle geluk en meen sonder dié vier sou hulle nie die Suid-Afrikaanse toernooi kon bywoon nie.

Eduard Roder was vroeër vanjaar die hoofskeidsregter by die wêreldkampioenskap. Roder bedank al die borge wat dit moontlik gemaak het vir hom om na die wêreldkampioenskap te reis.

Weskus Pool wil ook graag sy vele borge bedank wat hulle deur die jaar gehelp het: DBP Saldanha, African Water Utility, West Coast Skies, Kitchen of Kindness, Harold Manus, Sicasa Sports Lounge, Victor Khan, CJ Fran­ken and H. Franken, Opens Sponsors, Bekker Plaasprodukte, H&S Scales, Weskus Streek Hemde, Watergat in Langebaan en Yukon Spur van Vredenburg.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article