Vele jong potspelspelers het die ontwikkelingsgeleentheid geniet.Foto:


Om deelname in sport aan te moedig, het Weskus-potspel verlede jaar ’n inisiatief van stapel gestuur om jeugdiges van oor die Weskus heen in potspel te ontwikkel.

Die program is nou in volle gang met nog ’n suksesvolle ontwikkelingsessie wat Sondag 27 Maart by St. Helenabaai-hotel gehou is.

Volgens die Weskus-potspelbestuur is dit uiters belangrik om toegang tot sportgeleenthede te verbeter en die Weskus-potspelstreek is daartoe verbind om hulle kennis en vaardighede vir die bevordering, ontwikkeling en transformasie van jeugdiges te bied om by te dra tot nasiebou en goeie maatskaplike ontwikkeling.

Die bestuur sien daarna uit om meer ontwikkelingsessies aan te bied en ’n langtermynverhouding met die jeugdiges te bou.

Hulle bedank graag die St. Helenabaai-hotel vir die gebruik van die saal.

Voornemende potspelspelers tussen ses en 18 jaar kan by die ontwikkelingsprogram aansluit.

Besoek die West Coast Region Pool-Facebookblad vir komende sessies se datums.

Indien enigiemand by die Weskus-streek wil aansluit, skakel Gert Hibbert by 083 287 6833 of Inelda Heyns by 066 034 5751.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article