Weskus Pool se 2021-topspelers was (agter) André van Vuuren, Inelda Heyns, Gert Hibbert, Hein van Staden, Gerrit Botha, Gerald McMaster, Ettiene Roberts en (voor) Arnold Olivier, Jaundré Rabie, Luca Watson, Madré Olivier en Barbara Amor.


Weskus Pool het verlede maand hul jaarvergadering gehou om 2021 te vier en 2022 te beplan.

Die vergadering op Saterdag (29 Januarie) was in die St. Helenabaai-hotel. Verlede jaar het Weskus-streek ’n jeugontwikkelingsprogram van stapel gestuur wat baie suksesvol was. Die ontwikkelingsprogram gaan vanjaar voort.

Die organisasie het ook die deelnemers se prestasies van 2021 vereer. Madré Olivier was die enkelspelwenner en was lid van die vroue dubbelswenners saam met Inelda Heyns. Sy was ook, saam met Arnold Olivier, deel van die top- gemengde dubbelswenners.

Gert Hibbert het ook naam gemaak en met verskeie toekennings weggestap.

Hibbert was die seniors enkelspel-, senior dubbelswenner – saam met Gerrit Botha – meesters-enkelspel- en meesters-dubbelswenners, saam met Hein van Staden.

Arnold was ook ’n ope dubbelswenner saam met Juandré Rabie. Rabie is ook vereer as die speler wat die meeste vordering getoon het.

Die juniorspeler van die jaar was Luca Watson.

Spanne wat bo geëindig het, was Hoppers as A-liga-wenners, terwyl Cue Knights die B-liga-wenners was.

Hoppers is ook as die “best dressed” span aangekondig.

Die top-10 A-liga is Gert Hibbert, Jaundré Rabie, André van Vuuren, Francisco Mentoor, Hein van Staden, Gerrit Botha, Deslin van Niekerk, Hassan Kalemera, Sean Yuill en Diyaan Hoodemaker.

Top-5 B-liga was Sydney Booth, Stephen Nel, Les Botha, Neil Schnetler en Barbara Amor.

Die bestuur bedank St. Helenabaai-hotel vir die private, afgesonderde saal wat hulle weer vanjaar aan die klub beskikbaar stel.

Diegene wat by Weskus Pool wil aansluit, kan Hibbert by 083 287 6833 of Heyns by 066 034 5751 skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article