Die polisie in die Weskus-polisiedistrik is besig met ’n werwingsveldtog in die gebied, wat strek van Yzerfontein en Darling tot Vredendal, en van Saldanha tot Malmesbury.
Voornemende kandidate moet hulself die volgende vrae afvra:
Is jy tussen 18 en 35 jaar oud?
Bly jy permanent in Suid-Afrika?
Het jy ’n matrieksertifikaat of gelykstaande kwalifikasie?
Kan jy Engels en een ander taal praat?
Is jou kriminele rekord skoon?
Het jy geen tatoeëermerke wat by ’n uniform sal uitsteek nie?
Is jy bereid om die polisie se diens-eed af te lê?
Is jy bereid om medies ondersoek en sielkundig geëvalueer te word?
Is jy bereid om in enige streek van die land diens te lewer?
Het jy ’n geldige rybewys?
Indien die antwoord op al die vrae “ja” is, kom sluit by die Suid-Afrikaanse polisiediens aan by die volgende geleenthede:
. Donderdag 24 Augustus:
Spar-winkelkompleks, Velddrif, 10:00-12:00.
St Helenabaai-rugbyklub, Laingville, 13:00-15:00.
. Vrydag 25 Augustus:
Thusong-sentrum, Dwarsweg, Hopefield, 11:00-13:00.
. Dinsdag 29 Augustus:
Bazel Hill-kerk, Hopland, Saldanha, 10:00-12:00.




