Green Lillies se Welize Burgess, Wilma Jantjies, Willem Fortuin, Patricia Mentoor, Veron le Roux, Jana Mentoor, Sana Mentoor, Piet Dokter, Annelise Dirkse en Hennie Basson. Voor: Sakkie Mentoor en George Blaauw.


Die Weskus se goue oues het hul atletiek-vaardighede Donderdag (3 November) by die Goue Spele gewys.

Lede van die Green Lillies-bejaardesklub het verlede week vir die eerste Spele ná 2019 na Moorreesburg gereis. Dié atletiekbyeenkoms is, soos vele ander, in 2020 en 2021 weens die Covid-19-pandemie afgeskaf.

Die Green Lillies in die span was onder meer Sakkie Mentoor, Welize Burgess, Wilma Jantjies, Willem Fortuin, Annelise Dirkse, Hennie Basson en Piet Dokter. Hulle was goed voorberei vir die geleentheid en die 60-jariges en ouer lede sê dit was ’n besonder prettige dag. Die hoogtepunt van die klub se prestasie was egter toe hulle as die wenspan gekroon is.

Die Silwer Blare van Hopefield het die tweede plek geneem en die Golden Oldies van St. Helenabaai was derde.

Die Lillies se goue medaljes was onder meer danksy Basson (jukskei), Mentoor (100 m-wedloop), Dokter (500 m- vinnige stap) en Jana en Sanna Mentoor se prestasie in die doelskiet asook Veronica le Roux wat ook aan doelskiet deelgeneem het.

In die spankompetisie, met agt in ’n span, het die Lillies aan die bal-aflos deelgeneem en was op hul beste. Saam het hulle in ’n vinnige tyd van 45,17 sek. gewen.

George Blaauw het in die pennetjiesteek geseëvier, waar jy soveel wasgoedpennetjies moontlik binne sestig sekondes aan ’n tou moet vassteek.

Burgess het ook aan die dressup deelgeneem, waar groot klere aangetrek moet word en jy dan 25 m moet hardloop.. Die Salkoriane-atletiekklub hou sy prysuitdeling Saterdag (12 November) om 15:00 in die Witteklip-saal in Vredenburg.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article