Die Weskus-netbalfederasie se Southern Stings – Semelian Lombard, Amber Cooper, Ansuné Smit en Nadene Scherman.


Semelian Lombard van Vredenburg het die naweek van 27 April haar buiging in die Southern Stings-netbalspan gemaak.

Amber Cooper (Moorreesburg) en Ansuné Smit (Citrusdal) is ’n oefenpaar en is ook deel van die groep.

Dit is egter nie net die spelers wat uitblink nie. Assistent-afrigter Nadene Scherman (Malmesbury) is ook nou ’n trotse Wes-Kaapse Southern Sting.

Die Weskus-netbalfederasie is ongelooflik trots op die spelers asook afrigter.

Die federasie verduidelik hierdie vier vroue maak geskiedenis in die Weskus, want nog nooit het Weskus soveel verteenwoordiging in die Wes-Kaap se Telkom-netbal-liga gehad nie.

Die volgende Telkom-netbal-liga wedstryde word op 2 Junie in Pretoria gespeel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article