Kayli Meyer, Samantha van den Heever en Warren Livanos het heerlik uitgespan by die kuierkonsert en die feesatmosfeer baie geniet.Foto: Maryke Swart


Die tweede Weskus-kuierkonsert het die naweek met groot joligheid op die oewers van die Bergrivier by die Laaiplek-hotel plaasgevind. Sowat 1 400 mense het Saterdag op die feesterrein toegesak.

Steyn Fourie, mede-feesorganiseerder saam met sy vrou, Lurina, sê hulle kon nie glo hoe goed die opkoms vir die dag was nie.

“Die mense het ons so ondersteun en ons was so dankbaar vir die lojaliteit van die Weskusmense,” sê Fourie.

Volgens Fourie het mense hierdie jaar behoorlik gekuier. “Die kinders het die kinderafdeling vreeslik geniet. Sodoende kon die ouers rustig sit en hul drankies geniet en kuier.”

Gaste by die kuierkonsert het die musiek, samesyn en nuwe aanbiedings geniet. Hierdie jaar was ’n sleepwa-agteruitry-kompetisie en die opwindende Rock Star Wrestling nuwe toevoegings tot die kuierkonsert – en ’n ervaring soos die Weskus nog nooit gesien het nie.

Steyn sê die Weskus-kuierkonsert is nog op baie se lippe en daar sal beslis weer ’n kuierkonsert volgende jaar plaasvind.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article