: Die groep wat die Weskus by die skou verteenwoordig het, is Kiewiet van Rooyen (Weskus Toerisme), Shaun Cloete (Weskus Toerisme), Rudolf Rieger (toerbediener), Alan Winde (Wes-Kaapse minister van ekonomiese ontwikkeling), Winston Fowler (toerbediener), Pamela Mudley (toerbediener) en Gurshell Abrahams (Weskus Toerisme).


Die harde werk van toerismebeamptes van die Weskus by die onlangse WTM Africa-handelskou (World Market Travel Africa) gaan beslis vrugte afwerp.

Dié internasionale skou is van 6 tot 8 April gehou by die Kaapse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) en ná dese gaan die Weskusstreek vir seker op die reisplanne van heelwat meer agente en toerbedieners verskyn.

By hierdie belangrike toerismehandel­skou het die beamptes 11 verskillende roetes sowel as die produkte en ikone van die streek suksesvol bemark aan toerbedieners en agente van Duitsland, Nederland, Engeland, Switserland, Frankryk, Swede, Denemarke, België, VSA, die Midde-Ooste, Brasilië, Mexico, Indië en Namibië.

’n Uiters suksesvolle sosialemedia-veldtog is van stapel gestuur by dié skou wat wêreldwyd getref het, te danke aan bekwame Weskusagente.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article