Die Cape Leopard Trust, in samewerking met kenners van die Herding Academy en CapeNature, gaan binnekort ’n reeks werksessies aanbied wat holistiese grondbestuur en volhoubare boerdery in harmonie met roofdiere verken.
Die drie voldagsessies sal poog om roofdierkonflik-verligting, asook boerderybestuursmetodes en -praktyke wat die natuur beskerm, boere bevoordeel en voedselsekerheid verhoog, oor te dra en aan te moedig.
Al drie sessies sal tussen Augustus en Oktober by twee plekke in die Wes-Kaap gehou word – Montagu Country-hotel en Langgewens-navorsingsplaas tussen Malmesbury en Moorreesburg.
Deelnemers word aangemoedig om die hele reeks werksessies by te woon om die leermateriaal optimaal te benut, maar dis ook moontlik om individuele dae by te woon. Deelname kan bespreek word deur die Cape Leopard Trust by capeleopard.org.za/shop/events te kontak. Die werksessies begin om 09:00 en eindig 16:00. Middagete is ingesluit.
Kontak Chavoux Luyt vir navrae by communityoutreach@capeleopard.org.za of WhatsApp 082 791 1384.




