Letitia van Zyl-Schultz
Adjudant Offisier Adele Visser, waarnemende bevelvoerder van die Laaiplek-polisie, het die gemeenskap gewaarsku teen bedrog wat kommerwekkend toeneem en gesê mense moet nie sommer enige skakels op hul selfoon of rekenaar oopmaak nie.
“Bedrog in al sy vorme neem toe en veral ons senior burgers word geteiken,” sê sy en deel ook ‘n paar veiligheidswenke wat inwoners moet toepas, veral oor die feestyd:
• Hou jou geliefdes ingelig oor jou doen en late – onthou, veiligheid begin by jou huis;
• Werk saam met die GPF, buurtwag en bure en vertel hulle as jy weggaan;
• Meld enige inligting oor ongeruimdhede by die polisie aan; en
• Vat hande en hou die dorp en strande oor die feestyd veilig.





