Die ongelukstoneel op die Paternosterpad. Foto: West Coast Medical Rescue


’n Motoris wat vanoggend (Donderdag) vermoedelik met sy motor oor ’n plas water op die Paternosterpad gegly en teen ’n paal en ’n boom gebots het, is ongedeerd.

Dit volgens West Coast Medical Rescue wat een van die nooddienste was wat vinnig op die toneel was en die motoris gehelp het.

Geen beserings is op die toneel aangemeld nie.

Die motor het vermoedelik gegly nadat dit ’n plas water getref het waarna die bestuurder ’n paal en ’n boom getref het.Foto: West Coast Medical Rescue

Weather SA het vroeër ’n waarskuwing uitgereik vir swaar weerstoestande in veral die suid-westelike dele van die provinsie met tussen 40-60 mm en tot soveel as 80 mm reën wat in bergagtige areas opgevang kan word.

Daar is ook gewaarsku dat die hewige reënbuie daartoe kan lei dat paaie, laagliggende brûe, formele en informele nedersettings oorspoel. Dit kan ook tot gevolg hê dat noodsaaklike dienste soos elektrisiteit- en watertoevoer ontwrig word. Nog reën word vir Maandag voorspel.

Intussen moedig die Saldanhabaai-munisipaliteit mense aan om die weer en verkeersnuus dop te hou en hulle roetes daarvolgens te beplan om sodoende areas wat deur erge weer geraak is, te vermy.

Enige weerverwante voorvalle in die SBM-gebied kan gedurende kantoorure by die rampbestuurkantoor by 022 701 6835 of die noodbeheerkamer by 022 701 6834 (na-ure) aangemeld word.

Maak seker jy kom veilig by jou bestemming aan. Foto:

Antonio-Seinestraat in Langebaan was Donderdagoggend reeds verspoel weens swaar reën.Foto: Yaël Malgas

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article