Die Oppikaai-erfenisfees in St Helenabaai is Saterdag 23 September goed bygewoon ten spyte van bewolkte weer.
Feesgangers het gestroom om pryse te wen in ’n vasvra-kompetisie oor 7de Laanen Suidooster. Theodore Jantjies (middel) wat in Suidoosterspeel, het ook vrae oor sy vorige karakter in 7de Laan gevra. Feesgangers het entoesiasties deelgeneem vir ’n verskeidenheid weggeepryse. Die tweede Oppikaai-erfenisfees het Saterdag 23 September by die St Helenabaai-hawe plaasgevind. Sondag se program, wat ’n optrede van die legendariese PJ Powers ingesluit het, moes weens gure weersomstandighede afgelas word.
Dié twee vyfjariges, Junike Matthee (links) van St. Helenabaai en Meané Nel van Bloubergstrand geniet al swaaiende die teekoppie-pretrit by die Oppikaai-fees, Saterdag 23 September.
Dié gemeenskapsveiligheidspan van die Weskus-disktriksmunisipaliteit was baie gewild onder kinders by die Oppikaai-fees. Voor van links is die burgemeester, Boffie Strydom, Kirsten Cornett, Kerrishmia Smit, Carol-Lee Andrews en Damian Smit. Agter is Ahang Lentsa, Tev-Ron Greeff en Alberto May.
Dié blondine het nie op haar laat wag in ’n danskompetisie wat vir Oppikaai-feesgangers gehou is nie.
Die oulike koeldrankstalletjie in die vorm van ’n koeldrankblikkie het baie aandag getrek.
Die dames van Oceana het sommer feesgangers se dag gemaak met hul pragtige glimlagte by die eerste stalletjie ná die ingang.





