Altesaam 200 weduwees van Saldanha het op Valentynsdag saamgekom.


Altesaam 200 weduwees van Saldanha is Saterdag 8 Februarie vir Valentynsdag onthaal. Die tema vir die dag was “My storie is Sy glorie”.

Hierdie geleentheid is deur die voormalige pastoorsvrou, Christine Manuels, gereël. Sy was verbonde aan die Hebron Volle Evangelie Kerk tot en met die afsterwe van haar eggenoot in 2010.

Manuels is bekend as ’n omgeemens, iemand met ’n hart vir vroue en veral vir weduwees.

Haar liefde vir mense en haar groter liefde vir die Here en Sy dienswerk het haar daartoe genoop om hierdie geleentheid in gehoorsaamheid aan Hom vir weduwees te doen.

Die weduwees was almal getooi in rooi en wit en die geestelike dansers van die VGK Kraaifontein het die gaste vermaak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article