Die LUR vir vervoer en openbare werke, Daylin Mitchell (derde van regs), en die uitvoerende burgemeester van die Swartland-munisipaliteit, Harold Cleophas (middel

Personeel van die Weskus-distriksmunisipaliteit (WDM) se rampbestuursentrum het onlangs provinsiale verkeersbeamptes asook ander rolspelers tydens ’n geïnte­greerde padversperring op die N7-snelweg net buite Moorreesburg ondersteun.

Die padblokkade was deel van Oktober se vervoermaand-veldtog.

Daylin Mitchell, die LUR vir vervoer en openbare werke, sowel as Harold Cleophas, die uitvoerende burgemeester van die Swartland-munisipaliteit, was teenwoordig en het veiligheidswenke met motoriste gedeel. Hierdie intervensies is deel van die distriksmunisipaliteit se gemeenskapsveiligheidsplan wat poog om veiliger gemeenskappe in die Weskus te skep.

Volgens Franquin Petersen, die bestuurder van rampbestuur by die WDM, is dit een van verskeie bewusmaking-intervensies wat hierdie jaar plaasgevind het. “Ons wil graag ’n veiliger omgewing vir gemeenskappe skep en ons beskou die publiek as een van die grootste vennote in hierdie verband. As deel van die rampbestuursplan poog ons om ’n risikovermydingskultuur in die Weskus te skep. As ons almal saamwerk, kan ons gewis ons doel bereik om meer volhoubare gemeenskappe te skep,” sê Petersen.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article