’n Vermoedelik onwettige immigrant van Lesotho is Dinsdag tydens ’n roetinepatrollie op die R364-Graafwaterweg weens die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen aangekeer. Die polisie het ’n minibus voorgekeer en ’n plastieksak onder dié 23-jarige man se sitplek gekry. In die sak was ’n vuurwapen waarvoor die verdagte nie ’n lisensie kon toon nie. Die man se selfoon was ook in die sak. By nadere ondersoek is foto’s van sakerooftogte in die Citrusdal-omgewing op die selfoon gevind. Die verdagte se betrokkenheid by die rooftogte word nou dringend verder ondersoek. Hy sal na verwagting vandag (Donderdag 30 Maart) in die plaaslike hof verskyn.


Wapen lei tot rooftogfoto’s

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article