’n Waardige vrou was die fokuspunt vir die vroueoggend Saterdag 19 Maart. Petra Mei (links) het weer ’n vroueoggend in Saldanha gehou en het Daniline Koopman (regs) van Langebaan as gasspreker gehad. Petra vertel die dag se fokus was op die waarde van die vrou volgens die woord van God. “Ons het gesels uit die boek van Ester 4 en Psalm 139:14. Ons het lekker gelag, gehuil en by mekaar geleer. Die vroue het dit so geniet dat niemand eintlik wou huis toe gaan nie,” voeg sy by. Die volgende vroueoggend word Saterdag 30 April by die Beacon-kerk in Langebaan gehou.


Waardige vroue leer by Ester

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article