Waarderingsweek het Maandag 9 Augustus by die Hoërskool Hopefield begin. Dit was ’n inisiatief van die verteenwoordigende raad van leerders en die res van die leerders om dankie te sê, asook waardering te hê vir hul skool, onderwysers en ook vir mekaar. Die week het begin met klaskamers se deure wat vir onderwysers opgemaak is sowel as ’n dankbaarheidsmuur. Aleit van Tyd met Aleit het ’n positiewe boodskap met die graad 10- en graad 11-meisies gedeel. Links is Bianka Bezuidenhout en Iane van der Merwe by dié muur.


Waarderingsweek

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article