Ons bly in die mooiste deel van die land.

Maar ai! Wat ’n skok om te sien hoe dit by die kantoor van Binnelandse Sake in Vredenburg lyk. Die kantoor is pragtig skoon binne – nuut – maar daar is vuilgoed voor en om die perseel. Dan is daar hoenderdraad en dit is stukkend. Die hek is nie eens ’n hek nie, dis opgerolde draad en jy breek behoorlik jou bene om oor die draad te kom. Kan hulle dit nie skoonmaak nie? Dis vrot daar van al die gemors.

Waar is ons trots vir die dorp?


Cesilia van Niekerk,

vredenburg

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article