Ongelisensieerde vuurwapens in vermeende seksoortreder se huis in Moorreesburg gevind.Foto:


Seksoortredings teen ’n minderjarige en ongelisensieerde vuurwapens.

Dié klagtes word teen ’n man (62) van Moorreesburg ondersoek nadat hy oor die naweek by sy huis in hegtenis geneem is.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder van die Weskus-polisiedistrik, het die polisie die ongelisensieerde vuurwapens in die verdagte se huis in Moorreesburg ontdek toe hulle hom op die seksoortredingklagtes in hegtenis geneem het.

Die man het Maandag 16 Januarie vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn.

Volgens die jong slagoffer se verklaring aan die polisie was die beweerde seksuele aanranding nie ’n eenmalige gebeurtenis nie, maar het oor ’n tydperk lank plaasgevind.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article