Caltex Vredenburg het ’n uitreikdag na die Jacqueline Sunflower Children Educare Centre gehou. Op die foto staan van die leerders saam met Du Toit (links) en die Caltex-hasie.


Caltex Vredenburg het besluit om aan die gemeenskap terug te gee.

Die groep het ’n uitreikdag gehou en Jacqueline Sunflower Children Educare Centre in Green Village op 24 Mei besoek.

Volgens Karen Schrenk, een van die bestuurders van Caltex Vredenburg, is dit indrukwekkend hoe goed die skool die kinders voorberei met die beperkte hulpbronne wat hulle het. Dit het hulle aangemoedig om te help.

Jacqueline Sunflower Children Educare Centre het tans 49 leerders.

Jacqueline du Toit sê sy is baie dankbaar teenoor die raadslid Eventhia Vaughan, wat Caltex Vredenburg in kontak geplaas het met die skool en vir die vulstasie se skenkings.

Om te help met vervoer het Caltex Vredenburg brandstof-koopbewyse aan die skool geskenk asook gehelp met die oprigting van ’n wendyhuis, ’n afdak, tafels en meer. Die kinders het ook pret met die Caltex-hasie gehad en heerlike eetgoed geniet.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article