Daisy Safehouse se personeel het onlangs ’n viering van oorwinning en sukses gehou.
Daisy Safehouse is ’n organisasie wat deel vorm van Siyabonga en bied noodskuiling vir vroue en kinders wat mishandel word.
Die personeel, hul kliënte asook hul vorige kliënte en vennote het almal bymekaargekom om Vrouemaand te vier.
Die tema van die geleentheid was “A date with myself and enjoying the reality of balancing it all”.
Almal, van die personeellede en kliënte tot maatskaplike werkers, hulpmaatskaplike werkers en die res van die gaste is met ’n boodskap deur Merilize Adams bemoedig.
Adams is ’n hulpmaatskaplike werker by die plek van veiligheid en het meer vertel van die Daisy Safehouse waar die vroue weer hul lewe in oënskou kan neem.
Adams het die maatskaplike werkers bemoedig en gesê maatskaplike werk is een van vele beroepe, maar tog is dit die beroep wat die minste waardeer word.
Ruby Diergaardt is die maatskaplike werker by die plek van veiligheid en het ’n oorsig oor geslagsgebaseerde geweld gegee.


