“’n Droom wat verwesenlik geword het,” so beskryf Petra Mei haar eerste vroueoggend-funksie.
Mei het haar eerste vroueoggend gehou op Saterdag 26 Februarie by die Beacon-kerk in Langebaan. Dit was Mei se droom sedert sy jonk was om so ’n oggend te kon aanbied wat fokus op hoop, liefde, genesing en vrouwees.
Omtrent 48 vroue het die dag bygewoon. Mei vertel dat die dag wonderlik verloop het en dat almal hulself geniet het. Die tema was “Jy is vrou” en het gefokus op die unieke identiteit van vroue, hoe God vroue gemaak het en dit deel van sy plan was.
Mei het meer gedeel oor haar stryd as vrou in die verlede en hoe sy dit oorkom het wat waarlik mense inspireer het.
Gasspreker en eienaar van Digit5, Joline van der Merwe, het gepraat oor hoe om die moed te hê om jouself te herontdek en in lyn te bring met God se doel vir jou lewe, en Melanie du Plessis het gesing en gaste met haar stem bekoor.
Daar is gesing, gehuil, gelag, gedans en gelukkige trekkings gehou. Die vroue kon mekaar inspireer en lekker samesyn hou. Mei beplan om meer geleenthede in die toekoms te hou.
Volg Ebete Production House se Facebookblad vir inligting oor die volgende geleentheid.





