Honderde geskenksakkies is vandees- week aan vroue in die Weskus uitgedeel. Foto: SA POLISIE, WESKUS

Met Vrouemaand wat ten einde loop, is lede van die Weskus-polisie se distrikskantoor saam met Gift of the Givers sedert Maandag 25 Augustus besig om vroue oor die gebied heen by padblokkades en gemeenskapsale se bederf.

Volgens kapt. Tania Helfrich, distrikswoordvoerder vir die Weskus-polisie, bevat die sakkies wat oorhandig word onder meer sanitêre doekies en lekkerruik- en badgoed. “Dit is so lekker om net te kan gee.”

Daarmee saam het vrouepolisiebeamptes saam met hul eweknieë in verkeer, wetstoepassing, brandweer, militêre polisie en nog ander departemente die hele maand geïntegreerde padblokkades en intervensies gehou.

Isaac Sileku, Wes-Kaapse minister van mobiliteit, het die vroue as ‘n inspirasie geprys.

“Die teenwoordigheid van vroulike beamptes op hoëverkeerroetes weerspieël hul moed, vasberadenheid en professionaliteit in ‘n veeleisende loopbaan wat tradisioneel deur mans oorheers is. Hierdie vroue bring ‘n unieke perspektief en krag na die beroep, en balanseer fermheid met deernis, en wetstoepassing met gemeenskapsbetrokkenheid. Hul pogings toon dat verkeerswetstoepassing nie net gaan oor die uitreik van boetes nie, maar ook oor die bou van vertroue, die verandering van gedrag en uiteindelik die red van lewens.

“Dag ná dag maak hierdie beamptes tallose opofferings, werk lang ure in dikwels uitdagende en gevaarlike toestande, alles in diens van die beskerming van ons inwoners. Benewens wetstoepassing, skakel hulle direk met motoriste deur veilige bestuurswenke te deel, hoflike gedrag te bevorder en alle padgebruikers aan te moedig om verantwoordelikheid vir veiligheid te neem. Hul werk herinner ons daaraan dat padveiligheid ‘n kollektiewe poging is, een wat vereis dat elke be-

stuurder, passasier en voetganger hul deel doen,” het hy gesê.

In die sakkie is onder meer sanitêre doekies.
Beamp- tes van verskillende departemente saam met GotG.
Vrouemotoriste was lekker verras met die geskenkpakkies.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article