’n Vrou is Vrydag 3 Maart byna in Malmesbury gekaap, maar sy het kopgehou en weggejaag.Foto:


’n Man het in die middel van die pad voor haar voertuig gaan staan. Sy het die rem getrap. Is die man dronk? Maar toe haal hy ’n vuurwapen uit en rig dit op haar.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder van die Weskus-polisiedistrik, het hierdie vreesaanjaende voorval Vrydag 3 Maart in Malmesbury plaasgevind.

Die vermeende kaper het daarna na die slagoffer (27) se voertuig gestap en met die vuurwapen aan haar ruit geklop sodat sy die deur moet oopmaak.

Sy het egter kopgehou, voet in die hoek gesit en daarin geslaag om ongedeerd weg te kom.

Helfrich sê ’n verdagte is met betrekking tot die voorval in hegtenis geneem en het Maandag (6 Maart) in die Malmesbury-landdroshof verskyn.

’n Saak van poging tot kaping word ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article