Hoewel die rede nog nie duidelik is nie waarom ’n 42-jarige vrou blykbaar haar 37-jarige kêrel met ’n mes doodgesteek het, het die vrou haar Sondagoggend aan die Klawer-polisie oorgegee.

Roselien Kruger het in haar skuldbekentenis gesê sy het haar kêrel, Thuso Molefe, drie keer met ’n mes gesteek.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder, is Molefe se lewelose liggaam Sondag om 06:00 buite ’n opslaanhuisie in Riemvasmaak, Klawer, gekry.

Hy het drie steekwonde aan die bolyf gehad en is op die toneel dood.

’n Mes het langs die lyk gelê.

Kruger het ook aan die polisiebeamptes by die aanklagkantoor gesê sy en Molefe het vóór die noodlottige voorval baklei.

Sy het Maandag 13 November in die Vanrhynsdorp-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article