Die beskadigde kitsbank.Foto: Madelie van Tonder


’n Vrou wat op Kersdag in Elandsbaai amok gemaak het, is die afgelope naweek in Laaiplek in Velddrif in hegtenis geneem nadat sy haar woede op ’n Nedbank-kitsbank naby die Spar-supermark uitgehaal het.

Aangesien die winkelkompleks, waar die buitekitsbank geleë is, oorkant die polisiekantoor is, het polisiebeamptes Sondagoggend omstreeks 02:25 gehoor hoe ’n vrou oorkant die straat vloek en skel.

Hulle het Nicole Adolf (25) glo met ’n groot blok sement in haar hand by die stukkende masjien gekry.

Volgens kapt. Tania Hellfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, beloop die skade aan die masjien sowat R10 000.

Adolf is op die plek in hegtenis geneem en het Maandag (8 April) in die Laaiplek-landdroshof op aanklag van opsetlike saakbeskadiging verskyn. Sy is ook op Kersdag in Elandsbaai in hegtenis geneem nadat sy na bewering twee deure en vier vensters van ’n huis in Hoofstraat gebreek het. Die Nasionale Vervolgingsgesag moet nog besluit of sy vir dié saak van huisbraak en opsetlike saakbeskadiging vervolg gaan word.

Die erg beskadigde kitsbank was teen druktyd nog nie herstel nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article